|
|

As jy hou van interessante en eienaardige feite, versteekte hoekies en ‘n paar verrassings, dan is hierdie wandeling langs die pragtige eikelaning van Paarl se hoofstraat beslis die toer vir jou. Benewens dat dit een van die bes-bewaarde strate in Suid-Afrika is, is dit ook die langste. Stap saam met die passievolle Paarliet en ervare toergids, Janet en sy vertel jou stories oor die dorp se eertydse inwoners en wys jou die uiteenlopende argitektoniese style langs die hoofstraat versprei. Die toer se hoogtepunte sluit in: • Die verhaal van ‘n invloedryke inwoner wat gereken het treine is die anti-Chris • Die oudste Nederduits Gereformeerde kerk steeds in gebruik in Suid-Afrika • Die plek waar ‘n sakeman se werkers die rooi tapyt moes uitrol sodat hy die hoofstraat kon oorsteek • Die gebou waar die eerste Suid-Afrikaanse koerant gedruk is • Een van slegs drie geboue in die Kaap met Egiptiese versiersels uit ‘n era toe die bou van die Suez-kanaal hernieude belangstelling in dinge van Egiptiese afkoms gekweek het • ‘n Kerk wat sy eie wyn maak Of dit jou eerste besoek aan die Paarl is en of jy ‘n plaaslike inwoner is wat meer wil weet oor die fassinerende geskiedenis, is hierdie toer van onskatbare waarde as dit kom by die dorp en sy stories uit vergange se dae. Gee jouself so 1.5-2 ure vir die stap. Daar is verskeie koffiewinkels en restaurante onderweg waar jy vinnig kan stop of lank kan vertoef.
Price: £4.99 from VoiceMap
| Retailer | Price | |
|---|---|---|
| VoiceMap | £4.99 | Go to shop |
Daar mag dalk 39 plekke genaamd Wellington in die wêreld wees, maar daar is net een in Afrika! Geleë in die hartjie van die Kaapse wynland, speel Suid-Afrika steeds ‘n baie belangrike rol in die land se wynbedryf. Op hierdie staptoer sal jy meer leer...
If you like walking tours with quirky facts, hidden corners and a few surprises, this meander along the beautiful oak-lined Main Road of Paarl (meaning, “pearl”) is the tour for you. Apart from being one of the best-preserved roads in South Africa,...
This 17 Mile Drive tour is a collaboration by Lynn Momboisse and Carmel Cares founder Dale Byrne. It takes in dramatic coastal cliffs, snow-white beaches, and the unique Monterey pine and cypress forests on a scenic cruise along the 17-Mile Drive. You’ll...
|
|